Die invloed van wanpersepsies ten opsigte van die geskiedenis van Suid-Afrika op grondeise: Die BaPhalane ba Ramokoka grondeis as gevallestudie

Archaetnos¹ probeer om deur middel van akteondersoeke, die bestudering van argivale dokumente en antropologiese literatuur, asook veldwerk en onderhoude met betrokkenes die geldigheid van grondeise te bepaal. Gebrek aan kennis deur die grondeisekommissaris (LCC) lei dikwels tot die prosessering van eise wat op foutiewe inligting berus, soos byvoorbeeld gebeur het met die eis van die BaPhalane Ba Ramokoka. Aangesien die prosessering van ongeldige eise op grond van gebrekkige kennis hoë kostes, 'n mors van tyd en 'n onproduktiewe stelsel tot gevolg het, word betoog dat die nodige inligting op 'n veel vroeër stadium aan die grondeisekommissaris beskikbaar gestel moet word.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van Vollenhoven,Anton C.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!