'n Meetinstrument om die beeld van 'n sekondêre skool te bepaal

Die beeld van 'n sekondêre skool is die bemarkingsmiddel waardeur 'n sekondêre skool in die mark geïdentifiseer word en so 'n skool teen ander hoërskole in die omgewing of land opgeweeg word. Hierdie studie fokus op die ontwikkeling van 'n beeldmeetinstrument wat as 'n bestuursinstrument gebruik kan word en waardeur 'n sekondêre skool al die fasette wat die beeld beïnvloed, kan evalueer, die swak en goeie punte kan identifiseer en daardeur aksieplanne inisieer om die beeld van die sekondêre skool te verbeter. Die navorsing is gedoen deur vanuit die literatuur 'n beeldmeetinstrument te identifiseer en te konstrueer. Hierdie meetinstrument is kwantitatief getoets deur van 'n Likert-skaal-vraelys gebruik te maak. Die resultate van die studie toon bo alle twyfel dat die meetinstrument geldig en betroubaar is om die beeld van die sekondêre skool te bepaal. 'n Struktuurvergelykingsmodel is ontwikkel om die meetinstrument te toets. Dit is gedoen deur middel van faktorontleding, om sodoende die interafhanklikheid en korrelasies van elke area tot die beeld te bepaal, en daardeur is die relatiewe belangrikheid van elkeen van die komponente van die beeld bepaal. Die meetinstrument se passing is bepaal deur van die passingsindekse gebruik te maak. Die meetinstrument beskik oor uitstekende passingsindekswaardes en bevredigende korrelasie koëffisiënte, en is dus 'n bruikbare meetinstrument wat deur hoërskole gebruik kan word om hul beeld te meet.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van Wyk,André, Bisschoff,Christo
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000300006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!