Geskiedeniswetenskap en die Nuwe Suid-Afrika -moet die Suid-Afrikaanse geskiedenis herskryf word?

Daar word uit verskillende oorde aangedring op die herskryf van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit kan maklik op valse veronderstellings en verwagtinge gebaseer wees. Neem in ag dat geskiedenis as mensgerigte wetenskap fokus op voortdurende inherente verandering. Die skryf van geskiedenis bied talle struikelblokke. Enkele voorbeelde verdien vermelding. Eerstens is die verlede-werklikheid onherhaalbaar. Die dialoog moet multikulturele gesigspunte erken. Beskikbare en toeganklike bronne is beperk. Nuwe vorme van uitbeelding ontwikkel. Postmoderne historici neig om geen finale antwoorde te verskaf op die talle vrae aan die verlede-werklikheid nie. Dit beteken dat daar nooit finale bevindings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan wees nie. Dit moet in die lig van veranderende omstandighede in die hede voortdurend hersien word. Geskiedskrywing bevat slegs gedeeltelike waarhede aangesien die volledige verlede-werklikheid onbereikbaar bly. Historici van die Suid-Afrikaanse toneel moet vandag diverse persepsies op 'n verantwoor-delike en eerlike wyse hanteer, gebaseer op die beskikbare getuienis. Heersende mites moet ontbloot word en teenswoordige vrae relevant toegelig word uit die beskikbare bronne. Daar is ruimte vir nuwe perspektiewe en 'n meer insluitende Suid-Afrikaanse algemene geskiedenis, sonder om die baanbrekerswerk van talle historici in die verlede te verkleineer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: de Vllliers,Johan
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000200004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!