Suid-Afrikaanse immigrasie na Australië: 'n interdissiplinêre narratiewe studie

In hierdie studie is geluister na die narratiewe van Suid-Afrikaans gebore immigrante, wat hulself in Brisbane, Australië gevestig het. Die plaaslike konteks word in die gereformeerde gemeente, die "Mansfield Christian Reformed Church" gevind en die ontwikkeling van diensbare leierskap word beskryf as deel van die kultuur van die gemeente wat fokus op die nood van immigrante. Die navorsing het plaasgevind vanuit 'n epistemologie wat uit 'n narratiewe benadering vloei. Die postfundamentele teologiese posisionering inkorporeer transversale rasionalisasie, met die doel om 'n dieper verstaan van die narratiewe navorsing te bewerkstellig. Die ontwikkeling van diensbare leierskap word as 'n natuurlike uitvloeisel van die immigrasieproses bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat diensbare leierskap as 'n integrale deel van gelowige immigrasie en globalisering verstaan word en dat dit intensioneel deel vorm van die leierskapkultuur in 'n immigrant-vriendelike gemeente. Die voorstel wat hieruit voortvloei, is dat verskillende gemeentes en kerkverbande van Suid-Afrika en Australië kan baat by die aanwending van diensbare leierskap binne die konteks van immigrasie en globalisering.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Oberholzer,Gerhard
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000300003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!