Indikatore vir 'n maatskaplikewerk-intervensieplan vir straatkinders

Die artikel beskou die straatkindverskynsel vanuit 'n ekologiese perspektief ten einde indika tore daar te stel wat vir 'n intervensieplan met straatkinders belangrik is. Die ekologie se raam werk bied 'n holistiese en sistemiese perspektief wat die totaliteit van die straat kind in ag neem aangesien die verskynsel op die mikro-, meso-, ekso- en makro vlak bestudeer word. Die indikatore vir die intervensieplan wat daargestel word, is dus omvattend ten op sigte van elke aspek van die straatkind se leefwêreld. Die artikel beskryf die konseptuele raamwerk van die studie, sowel as die kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoeke waarby ses straatkinders en tien organisasies wat dienste aan straatkinders lewer, betrek is. Daarna word die geïdentifiseerde indikatore vir 'n intervensieplan uiteengesit en aanbevelings gemaak oor hoe dit in die praktyk geïmplementeer kan word. Daar word tot die gevolgtrekking geraak dat die grootste behoeftes ten opsigte van die mikrosisteem die behoef tes van versorging, genesing, bou van verhoudinge en ont wikkeling van die straatkind is. Die mesovlak word gekenmerk deur die sterk behoefte van die straatkind om te behoort. Hier speel die gesin/familie, skool, opleiding en die portuurgroep 'n belangrike rol in die kind se ontwikkeling. Die straatkind se grootste behoeftes op die eksovlak is dié van hoop en ontwikkeling, terwyl die makrosisteem die funksie van beskerming asook ontwikkeling het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Louw,S, Reyneke,R.P
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000200007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!