Die vestiging van Solidariteit se Helpende Hand as 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie

Die vakbond Solidariteit, voorheen bekend as die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie, was waarskynlik die eerste vakbond in Suid-Afrika om sy eie, private welsynsdepartement tot stand te bring. Die oorspronklike doelwit van hierdie welsynsdepartement wat in 1949 gestig is, bekend as die Helpende Hand, was om Afrikaner-mynwerkers wat as gevolg van werksverwante ongelukke of omstandighede ongeskik vir werk geword het, finansieel te ondersteun. In 2001 is die welsynsdepartement opnuut bekendgestel om voortaan as Solidariteit Helpende Hand bekend te staan. Die Helpende Hand se bestek van welsynsbystand is ook uitgebrei na die groter Afrikaanssprekende gemeenskap selfs buite die vakbond en sodoende het dit tot 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie ontwikkel. Die organisasie se projekte behels onder andere noodlenigingskemas ten opsigte van voedselvoorsiening, 'n nasionale akademiese beursfonds en materiële bystand aan ouetehuise en kinderhuise.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Visser,Wessel
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000100002
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!