Verslaggewing oor volhoubaarheid in die mynbousektor: die identifisering van kritieke aan geleenthede

Hierdie studie ondersoek tendense in die volhoubaarheidsverslaggewing deur vyf prominente mynmaatskappye wat op die JSE genoteer is. Die 2005-, 2006-, 2007- en 2008- jaar- en volhoubaarheidsverslae van hierdie maatskappye is ontleed deur middel van inhoudsanalise. Sleutelwoorde wat verband hou met ekonomiese bemagtiging, MIV/VIGS, ander gesondheid- en veiligheidsaangeleenthede en omgewingsimpak sowel as opleiding en onderwys, is getel. Hierdie aangeleenthede is ook gekategoriseer in terme van Carroll (1979; 1991) se korporatiewe sosiale verantwoordelikheids- (KSV) piramide wat bestaan uit ekonomiese, regs-, etiese en filantropiese verantwoordelikhede. Hierdie bevindinge het aangedui dat mynmaatskappye hoofsaaklik verslag lewer oor KSV-aangeleenthede wat hul winsgewendheid beïnvloed soos MIV/VIGS en ander gesondheidsverwante aangeleenthede. Daar word aanbeveel dat mynmaatskappye 'n meer gebalanseerde beskouing van die verskeie KSV-kategorieë huldig, ongeag die spesifi eke kategorie se impak op winsgewendheid. Mynmaatskappye moet spesifiek hul pogings vermeerder (en verslaggewing fokus) op swart ekonomiese bemagtiging, opleiding en onderwys en werkverwante sterftes. Dit mag aanvanklik duur wees, maar kan bydra tot winsgewendheid op die lange duur. Dit sal ook mynmaatskappye se reputasie verbeter by belanghebbendes soos beleggers en verbruikers, wat maatskappye na waarde skat volgens die mate waartoe hulle hul etiese en filantropiese verantwoordelikhede nakom.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Viviers,S, Boudler,J-M
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2010
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512010000100005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!