Bestuurders in die openbare sektor se persepsies van die toepaslikheid van toetreders tot die arbeidsmark se opleiding en ontwikkeling

Die toepaslikheid van die opleiding en ontwikkeling wat deur tersiêre instellings verskaf word, word dikwels uit verskillende oorde bevraagteken. Die vraag is wat as maatstaf behoort te geld om hieroor 'n besluit te kan neem. Baie opvoedkundiges en sakelui glo dat die behoeftes en vereistes van die arbeidsmark die deurslag behoort te gee wanneer besluite oor kurrikuluminhoud van tersiêre opleidingsprogramme onder die soeklig kom. Die doel van hierdie studie was om juis te bepaal wat hierdie behoeftes en vereistes van die arbeidsmark is, veral vanuit die perspektief van bestuurders in die openbare sektor wat 'n prominente werkgewer is. 'n Geleentheidsteekproef bestaande uit bestuurders wat organisasies in die openbare sektor in stedelike en plattelandse areas en op verskillende bestuursvlakke in die Vrystaat en Noord-Kaapland verteenwoordig, is geselekteer. Inligting is bekom deur middel van vraelyste en fokusgroeponderhoude. Deelnemers se response is verwerk en geïnterpreteer ooreenkomstig die riglyne van inhoudsontleding. Nuttige inligting is ingesamel aangaande die toepaslikheid van opleiding en ontwikkeling, asook die werksverwante tekortkominge van toetreders tot die arbeismark vanuit die oogpunt van bestuurders in die openbare sektor.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Bester,Coen, Boshoff,Estelle
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000400015
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!