"Fides quaerens societatem": Praktiese teologie op soek na sosiale vergestalting

Hierdie artikel bied 'n kort opsomming van sommige van die eiendomlike spanninge in die teologiese vakdissipline van Praktiese Teologie, as uitvloeisel van die grondliggende spanning wat reeds deur die naam gesuggereer word, naamlik praktyk en teologie, of praktyk en teorie. Agt paradigmas waarbinne Praktiese Teologie verstaan kan word, word kortliks opgesom, te wete geloof op soek na begrip, verwoording, handeling, hoop, verbeelding, visualisering, beliggaming en sosiale vergestalting (laasgenoemde die integrerende paradigma). Die uitgangspunt is dat Praktiese Teologie op 'n hermeneutiek van sinduiding rus, wat nie as 'n nuwe vorm van klerikale of ekklesiologiese mag of beheer beskou moet word nie, maar eerder as 'n meewerkende en interaktiewe wyse om die lewe, soos wat dit in die samelewing tot uiting kom en beleef word, te dien en te verryk.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Cilliers,Johan
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000400009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!