Kreolisering van die Simbolisme in die poësie van T T Cloete

Hierdie artikel is 'n ondersoek na T T Cloete se gebruik van die internasionale Simbolisme. Die aaname is dat hy daardie digterlike stelsel op drie maniere herskryf het, naamlik om deur vermenging nuwe vorme te ontwikkel, deur die uitdrukkingskrag daarvan te verhoog en deur dit plaaslik en Suid-Afrikaans te maak, maar dit terselfdertyd vir homself toe te eien en dit aan te pas binne sy eie poëtika. Vier aspekte van die Simbolisme word bespreek, naamlik die simbolistiese werkwyse, Simbolisme en musiek, die simbolistiese toon en die korrespondensies. Die vernaamste bevindings is dat Cloete die uitdrukkingskrag van die Simbolisme vergroot het deur dit te moderniseer, maar ook deur dit te deologiseer - dit wil sê deur dit in 'n instrument te omvorm vir die bestudering van Deus, God.

Na minha lista:
Detalhes bibliográficos
Autor principal: Viljoen,Hein
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado em: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Acesso em linha:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000400006
Tags: Adicionar Tag
Sem tags, seja o primeiro a adicionar uma tag!