Charles Darwin, die natuurwetenskappe en die verwondering in T T Cloete se poësie

In T T Cloete se digbundels is sy belangstelling in die natuur en die natuurwetenskappe dominante temas. Die digter is besonder belese in veral die eksakte en biologiese wetenskappe. 'n Studie van Cloete se poësie toon hoedat hy sy wye kennis vernuftig met die hulpmiddels van die poësie orden en verrassende verbande aantoon. Opvallend is ook die wyse waarop hy 'n religieuse en spesifiek Christelike perspektief in sy poësie aan die orde stel en onbeskaamd as belydende Christen skryf. Studies het reeds aangetoon dat Cloete se religieuse perspektief veel minder tradisioneel as dié van 'n digter soos Totius is en selfs sommige aanvaarde religieuse opvattings uitdaag en die leser tot nadenke stem. Die evolusieleer het die afgelope 150 jaar tot hewige debatvoering gelei en die mens se wêreldbeeld ingrypend beïnvloed en/of gewysig. Debatvoering oor hierdie radikale en invloedryke wetenskaplike perspektief duur voort en lei steeds tot hewige polemiek (bv. oor die kreasionisme). Cloete skram nie weg van hierdie onderwerpe nie en in heelparty gedigte besin hy oor die ontstaan van die skepping en die ontwikkeling van lewe op aarde.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Marais,Johann Lodewyk
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000400004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!