Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste

Met die oog daarop om Calvyn se posisie in die intellektuele erfenis van die Weste te bepaal word allereers aandag geskenk aan die Grieks-Middeleeuse agtergrond - met klem op die idee van 'n kosmiese (ontiese) wêreldorde (logos). Besondere aandag word gegee aan die ontwikkeling van die vroeë Griekse wysbegeerte wat via Plato en Aristoteles uitgeloop het op the Stoïsynse filosofie, Cicero en die middeleeuse erfenis wat sy hoogtepunt sou bereik in die denke van Thomas Aquinas. Aandag is ook gegee aan die denke van Augustinus. Die disintegrasie van die Middeleeue is bemiddel deur die laat-Skolastiese nominalisme (veral Ockham) wat veral op Luther 'n regstreekse invloed sou uitoefen. Calvyn het hom egter gedistansieer van die nominalistiese idee van die willekeur van God - soos wat dit vergestalt is in die siening van God se despotiese, absolute willekeur (aangedui as die potestas Dei absoluta). Daarom het Calvyn klem geplaas daarop dat God bo die wette wat vir skepsele gestel is, verhewe is. Hoewel God bo die skeppingswette verhewe is, is Hy egter nie willekeurig nie (Deus legibus solutus est, sed non exlex). 'n Vlugtige aanduiding is gegee van die relatiewe ongedifferensieerde samelewingsomstandighede waarin Calvyn homself bevind het - met verwysing na die leerstuk van verset (Beza en ander denkers). Nadat die deurwerking van die nominalisme verder toegelig is, met besondere verwysing na Kant se siening van die verstand as aprioriese formele wetgewer van die natuur en ook na die keersy-effek daarvan op die ontstaan van die historisme (19de eeu) en die postmodernisme (20ste eeu) is ten slotte gelet op die kontinuering van sommige on-Bybelse elemente in die denke van Calvyn, terwyl ook melding gemaak is van bepaalde positiewe insigte waarmee hy die Christelike lewensen wêreldbeskouing verryk het. In die besonder kan hier gedink word aan die eerste vertrekpunt van die leerstuk van soewereiniteit-in-eie-kring wat al eerder deur Van Prinsterer en Kuyper (19de eeu) onder woorde gebring is en wat in die 20ste eeu deur die reformatoriese wysbegeerte van Dooyeweerd verder uitgewerk is.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Strauss,DFM
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000300003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512009000300003
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120090003000032015-07-01Calvyn in die intellektuele erfenis van die WesteStrauss,DFM Wêreldorde wet realisme nominalisme potestas Dei absoluta Christerike denke Met die oog daarop om Calvyn se posisie in die intellektuele erfenis van die Weste te bepaal word allereers aandag geskenk aan die Grieks-Middeleeuse agtergrond - met klem op die idee van 'n kosmiese (ontiese) wêreldorde (logos). Besondere aandag word gegee aan die ontwikkeling van die vroeë Griekse wysbegeerte wat via Plato en Aristoteles uitgeloop het op the Stoïsynse filosofie, Cicero en die middeleeuse erfenis wat sy hoogtepunt sou bereik in die denke van Thomas Aquinas. Aandag is ook gegee aan die denke van Augustinus. Die disintegrasie van die Middeleeue is bemiddel deur die laat-Skolastiese nominalisme (veral Ockham) wat veral op Luther 'n regstreekse invloed sou uitoefen. Calvyn het hom egter gedistansieer van die nominalistiese idee van die willekeur van God - soos wat dit vergestalt is in die siening van God se despotiese, absolute willekeur (aangedui as die potestas Dei absoluta). Daarom het Calvyn klem geplaas daarop dat God bo die wette wat vir skepsele gestel is, verhewe is. Hoewel God bo die skeppingswette verhewe is, is Hy egter nie willekeurig nie (Deus legibus solutus est, sed non exlex). 'n Vlugtige aanduiding is gegee van die relatiewe ongedifferensieerde samelewingsomstandighede waarin Calvyn homself bevind het - met verwysing na die leerstuk van verset (Beza en ander denkers). Nadat die deurwerking van die nominalisme verder toegelig is, met besondere verwysing na Kant se siening van die verstand as aprioriese formele wetgewer van die natuur en ook na die keersy-effek daarvan op die ontstaan van die historisme (19de eeu) en die postmodernisme (20ste eeu) is ten slotte gelet op die kontinuering van sommige on-Bybelse elemente in die denke van Calvyn, terwyl ook melding gemaak is van bepaalde positiewe insigte waarmee hy die Christelike lewensen wêreldbeskouing verryk het. In die besonder kan hier gedink word aan die eerste vertrekpunt van die leerstuk van soewereiniteit-in-eie-kring wat al eerder deur Van Prinsterer en Kuyper (19de eeu) onder woorde gebring is en wat in die 20ste eeu deur die reformatoriese wysbegeerte van Dooyeweerd verder uitgewerk is.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.49 n.3 20092009-01-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000300003af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Strauss,DFM
spellingShingle Strauss,DFM
Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
author_facet Strauss,DFM
author_sort Strauss,DFM
title Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
title_short Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
title_full Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
title_fullStr Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
title_full_unstemmed Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste
title_sort calvyn in die intellektuele erfenis van die weste
description Met die oog daarop om Calvyn se posisie in die intellektuele erfenis van die Weste te bepaal word allereers aandag geskenk aan die Grieks-Middeleeuse agtergrond - met klem op die idee van 'n kosmiese (ontiese) wêreldorde (logos). Besondere aandag word gegee aan die ontwikkeling van die vroeë Griekse wysbegeerte wat via Plato en Aristoteles uitgeloop het op the Stoïsynse filosofie, Cicero en die middeleeuse erfenis wat sy hoogtepunt sou bereik in die denke van Thomas Aquinas. Aandag is ook gegee aan die denke van Augustinus. Die disintegrasie van die Middeleeue is bemiddel deur die laat-Skolastiese nominalisme (veral Ockham) wat veral op Luther 'n regstreekse invloed sou uitoefen. Calvyn het hom egter gedistansieer van die nominalistiese idee van die willekeur van God - soos wat dit vergestalt is in die siening van God se despotiese, absolute willekeur (aangedui as die potestas Dei absoluta). Daarom het Calvyn klem geplaas daarop dat God bo die wette wat vir skepsele gestel is, verhewe is. Hoewel God bo die skeppingswette verhewe is, is Hy egter nie willekeurig nie (Deus legibus solutus est, sed non exlex). 'n Vlugtige aanduiding is gegee van die relatiewe ongedifferensieerde samelewingsomstandighede waarin Calvyn homself bevind het - met verwysing na die leerstuk van verset (Beza en ander denkers). Nadat die deurwerking van die nominalisme verder toegelig is, met besondere verwysing na Kant se siening van die verstand as aprioriese formele wetgewer van die natuur en ook na die keersy-effek daarvan op die ontstaan van die historisme (19de eeu) en die postmodernisme (20ste eeu) is ten slotte gelet op die kontinuering van sommige on-Bybelse elemente in die denke van Calvyn, terwyl ook melding gemaak is van bepaalde positiewe insigte waarmee hy die Christelike lewensen wêreldbeskouing verryk het. In die besonder kan hier gedink word aan die eerste vertrekpunt van die leerstuk van soewereiniteit-in-eie-kring wat al eerder deur Van Prinsterer en Kuyper (19de eeu) onder woorde gebring is en wat in die 20ste eeu deur die reformatoriese wysbegeerte van Dooyeweerd verder uitgewerk is.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2009
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000300003
work_keys_str_mv AT straussdfm calvynindieintellektueleerfenisvandieweste
_version_ 1756005058812575744