Die implikasies van 'n regstaat vir ontwikkelende lande

Hierdie artikel begin met 'n historiese perspektief op staat en ekonomie om vervolgens oor te gaan tot 'n tipering van die aard van 'n regstaat in terme van die verskillend-geaarde regsfere in 'n gedifferensieerde samelewing. Daarna word die aard van ontwikkelende lande, die armoedeprobleem en 'n aantal prominente ontwikkelingsteorieë aan die orde gestel. Uit die feit dat oor 'n typerk van 30 jaar (1970 tot 2000) daar in sekere wêrelddele merkwaardige sukses behaal is met pogings om armoede uit te wis, maar dat armoede in sekere ander wêrelddele toegeneem het, volg dit dat breëre samehange verreken moet word in die beoordeling daarvan. Op die basis van hierdie gesigspunte word daar dan gelet op die vraag of die onderliggende beginsels van 'n regstaat 'n belangrike rol in ontwikkelende lande kan speel, onder meer in die lig van bestaande ontwikkelingsteorieë. Die onverbreeklike samehang tussen 'n vrye onderneming-stelsel, die vrye mark en die juridiese borge wat deur 'n regstaat gestel word, begelei kernelemente in die gevolgtrekking waartoe gekom word.

Guardado en:
Detalles Bibliográficos
Autores principales: Strauss,Danie, Rossouw,Jannie, Fourie,Johan
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Acceso en línea:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000200001
Etiquetas: Agregar Etiqueta
Sin Etiquetas, Sea el primero en etiquetar este registro!