Vryheid van (die Afrikaanse) spraak: Ryk, ryker, Rykie

Die Afrikaanse joernalis Rykie van Reenen (1923-2003) het op verskeie terreine in die Afrikaanse joernalistiek 'n bydrae gemaak. 'n Mens kan byvoorbeeld konstateer dat sy die Afrikaanse taal "bevry" het van 'n nog gestrenge skryfwyse. Hierdie artikel is 'n eerste verkenning van hierdie "vrydenker" in die Afrikaanse joernalistiek se vrye omgang met dié jong taal. As deskriptiewe artikel word kortliks, as konteks, op die ontwikkeling van die Afrikaanse taal gefokus. Daarop volg 'n kort bespreking van die ontwikkeling van Van Reenen as jong joernalis. Die invloed wat die skrywer MER op haar vorming gehad het, word vervolgens gedokumenteer. 'n Waardering van Van Reenen se tydgenote volg, asook Van Reenen se invloed op 'n nuwe generasie Afrikaanse, veral vroulike, joernaliste. Die artikel sluit af met slegs 'n aantal voorbeelde uit die oeuvre van die "onvergelyklike stilis" wat tot die uitdrukking "ryk, ryker, Rykie" gelei het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Rabe,Lizette
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000100010
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!