Vryheid van spraak in die regstaat - 'n filosofiese perspektief

Kragtens die unieke menslike, normatief-gestempelde, (positiewe) keusevryheid en taalvermoë behoort dit tot die taak van die owerheid in 'n regstaat om die nodige regsbeskerming aan die sfeer van die publieke opinie te verskaf - sodanig dat die openbare meningsveld (waarby persvryheid ingesluit is) tot volle wasdom kan kom. Die veelkantigheid van die staat word mede-bepaal deur die openbare mening (publieke opinie), gedagtig aan die feit dat beide die moderne staat en die erkenning van die domein van die publieke opinie van 'n relatiewe resente herkoms is. Slegs wanneer die verskillende eiegeaarde regsfere binne 'n gedifferensieerde samelewing eerbiedig word, sal dit moontlik wees om die dinamiek van regstaat-wees mede te laat bepaal deur persoonlike en kollektiewe (party-politieke) spraakvryheid en meningsvryheid. Politieke partye funksioneer binne die openbare meningsveld met die oog daarop om mede-burgers van die staat te oortuig om 'n bepaalde program van beginsels te ondersteun, maar geen party beklee ooit self die opwerheidsamp nie. As 'n publieke regsverband wat onder leiding van 'n publieke verbandsgeregtigheidsidee geroepe is om ewewig en harmonie in die veelheid van regsbelange op sy staatsgebied te handhaaf, is die regstaat medeverantwoordelik om die sfeer van die publieke opinie juridies te beskerm. Daarsonder sal die voortbestaan van die regstaat self in die gedrang kom - soos onder meer blyk uit die probleemkante van die voorgestelde wet rakende die beskerming van inligting.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Strauss,D F M
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000100003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!