Die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by 'n groep eerstelyntoesighouers in 'n staatsdiens-organisasie

Nieteenstaande die feit dat eerstelyntoesighouers aan 'n breë spektrum van stressors blootgestel word, is min navorsing beskikbaar om die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by die groep uit te wys. Navorsing dui aan dat selfleierskapvaardighede 'n belangrike hulpmiddel kan wees om stresvlakke te verminder. Daarom is besluit om die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by 'n groep Suid Afrikaanse eerstelyntoesighouers werksaam in 'n staatsorganisasie, te bepaal. Resultate van 'n sodanige navorsing kan sielkundiges/werkgewers help om 'n spesifieke benadering in kommunikering en hantering van probleme met die spesifieke groep, te handhaaf. Ten einde die verband tussen stres en selfleierskapfaktore te bepaal, is die 16- PF Persoonlikheidsvraelys en die Hersiende Selfleierskap Vraelys, op 'n geleentheidsteekproef van 69 eerstelyntoesighouers, afgeneem. Resultate het aangedui dat die volgende selfleierskapfaktore met stres verband hou: selfvergoeding, fokus gedagtes op natuurlike vergoeding /positiewe aspekte van werk, visualisering van suksesvolle prestasie, selfobservasie en selfdoelwitstelling. Verder het selfleierskap as 'n geheel beduidend met vindingrykheid en beslistheid gekorreleer. In die lig van die bogenoemde, is enkele aanbevelings gemaak.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van Zyl,Ebben
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000400004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!