Bestaan daar 'n dissiplinekrisis binne Suid-Afrikaanse skole? Belewenis van opvoeders

Navorsing oor die probleem van leerderdissipline aan Suid-Afrikaanse skole is al vanuit 'n verskeidenheid perspektiewe onderneem, maar 'n sterk opvoederperspektief ontbreek steeds. Die feit dat opvoeders dissiplineprobleme eerstehands ervaar en dit moet hanteer maak 'n opvoedersperspektief noodsaaklik. Die doel van dié navorsing is daarom die daarstelling van sodanige opvoedersperspektief op leerderdissipline in 'n spesifieke teikenarea. 'n Literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek is onderneem ten einde te bepaal hoe opvoeders in Gauteng, die Vrystaat en Noordwesprovinsie leerderdissipline by hul skole beleef. Respondente het gerapporteer dat minder ernstige dissiplineprobleme by hul skole en binne hul klasse 'n weeklikse verskynsel is, en het aangedui dat ernstige vorme van wangedrag, soos vandalisme, diefstal en geweld, maandeliks voorkom. Die metodes wat opvoeders gebruik en die effek van leerderdissipline op opvoeders word geanaliseer in die artikel en ten slotte word aanbevelings vir praktykverbetering gemaak.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Wolhuter,C.C., van Staden,J.G
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000300009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!