F.A. van Jaarsveld se Die ontwakingvan die Afrikaanse nasionale bewussyn na vyftig jaar

F.A. van Jaarsveld word as een van Suid-Afrika se vernaamste twintigste-eeuse historici beskou en sy studie van 1957, Die ontwaking van die Afrikaanse nasionale bewussyn, 1868-1881, as een van sy belangrikste werke. Hierdie boek, wat ook in Engels vertaal is, is lank in Suid-Afrika en in die buiteland aanvaar as die belangrikste studie oor die oorsprong van Afrikanernasionalisme. Sedertdien het daar 'n aantal wetenskaplike werke verskyn waarin beskouinge gehuldig word wat in verskeie opsigte van dié van Van Jaarsveld verskil. Hierdie werke word kortliks bespreek en daar word aangedui dat hul interpretasies in baie gevalle beïnvloed is deur algemene teorieë oor die aard van nasionalisme. Daar word in die artikel tot die slotsom gekom dat Van Jaarsveld se werk nie as verouderd afgemaak kan word nie. Inteendeel, dit bly een van enkele goed nagevorste studies oor vroeë Afrikanernasionalisme en is steeds van groot waarde, ook binne die konteks van huidige invloedryke teorieë oor nasionalisme.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: de Klerk,Pieter
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000300006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!