"Mite" as geesteswetenskaplike konsep in heroënskou

Daar word in hierdie artikel van die standpunt uitgegaan dat, gegewe die verwarring in definisies van die term "mite", dit nodig is om die term presieser te definieer en ook te verduidelik alvorens dit in akademiese diskoers gebesig word. Dit is ook onbevredigend en soms selfs verwarrend dat die woordeboekdefinisies en wydverspreide gebruik van die term beperk word tot óf die heroïese dade uit die antieke wêreld en die kaperjolle van hulle gode en godinne, óf andersins uitgebrei word om na hedendaagse wanopvattings of selfs valshede te verwys. Jospeh Campbell, een van die prominentste "mitoloë" van die twintigste eeu, verduidelik die sogenaamde mag van mites as "stories of our search through the ages for truth, for meaning, for significance" (in Flowers 1988:5). In 'n onlangse publikasie oor die geskiedenis van die mite verbind Karen Armstrong die maak van mites aan "a quest for the soul" (Armstrong 2005:11). As sodanig het die mite 'n houvas op mense deurdat dit hulle versterk en hulle lewe die moeite werd maak. Baie skrywers en navorsers in die menswetenskappe, soos byvoorbeeld Carl Guystav Jung, Thomas Bulfinch, G.M. Kirkwood, D. de Rougemont, die historici Samuel en Thompson, N. Frye, M Scarborough, P.J. Conradie, Etienne Leroux en Charles Malan gaan akkoord met hierdie opvatting oor die essensiële funksie van die mite in die menslike bestaan. Die belangrike vraag skyn te wees: Is dit moontlik dat die mens se soeke na "truth, meaning and significance", sy of haar "quest for the soul", kan uitloop op niks anders as die skep van valshede nie?

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteur principal: Jordaan,Annette Marié
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000200006
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!