Suid-Afrika na dertien jaar (1994 -2007) - met spesiale verwysing na analogieë met Litoue

Die Ryk van Litoue sowel as kontemporêre Litoue toon talle analogieë met Suid-Afrika en die Litouers met Afrikaanses. Beide het die afgelope tyd transformasie ondergaan en beide word gekenmerk deur 'n verskeidenheid van kulture. Die Litouse ryk se beleid van verdraagsaamheid ten opsigte van diverse kulture was suksesvol. Die Litouse situasie beklemtoon die belangrikheid van taal en kulturele selfbewussyn. Dit het duidelike parallelle in Suid-Afrika. Sowel Litous as Afrikaans was by tye op die agtergrond, maar albei kulture bly behoue. Die betekenis van 'n nie-outentieke bestaan van Litoue in die Sowjet-era word behandel. Die geldigheid van sowel nasionale as internasionale waardes is by sowel Litouers as Afrikaanses van belang.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Antonites,Alex
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000200002
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!