Karaktersterktes herontdek in die sielkunde

In hierdie artikel ontleed ons-die konstrukte "karakter" en "karaktersterktes" as belangrike konsepte in sielkunde in die algemeen en in positiewe sielkunde in die besonder. Die karakterkonsep het 'n lang geskiedenis in die sielkunde gehad, gekenmerk deur kom-en-gaan tendense. Die belangrikheid en relevansie van die teoretiese konsep kon nooit suksesvol weerlê word nie, maar die feit dat so 'n abstrakte verskynsel soos karakter nie empiries ondersoek is nie, het gelei tot die uitsluiting daarvan uit hoofstroom sielkunde/psigologie. Die opkomende sub-dissipline van positiewe sielkunde het egter die karakterkonsep weer na vore gebring en dit empiries meetbaar gemaak in karaktersterktes as psigologiese eienskappe. Die karaktersterktemodel van Peterson en Seligman (2004) sluit 24 manifestasies van karakter (karaktersterktes) in, vervat in ses groepe waardes. Hierdie model verteenwoordig 'n kernkonstruk van die positiewe sielkunde en hou baie belofte in vir navorsing en praktiese toepassing wat toegespits is op die begrip en bevordering van psigologiese welstand en lewensvervulling van individue en gemeenskappe. Verdere navorsing oor die betroubaarheid en geldigheid van die model in die Suid-Afrikaanse konteks is noodsaaklik. Sodanige navorsing kan die uitbou van die teoretiese grondslae van die karaktersterktekonstruk en -model bevorder, veral met inagneming van kultuurdiversiteit.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van Eeden,Chrizanne, Wissing,Marié P.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000100006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!