Transformasie en die Regstaat (Burgerstaat): Tussen die Scylla van die herstel van begane onreg en die Charybdis van 'n ondemokratiese magstaatinhoud wat aan die slagspreuk "verteenwoordigend van die demografie" gegee word

Teen die agtergrond van tradisionele staatsteorieë fokus hierdie artikel op die probleem van mag en geregtigheid. Dit geskied deur die slaggate van 'n totalitäre en absolutistiese siening uit te wys in die opvatting van "meerderheidsregering". Dit blyk dat tradisionele magstaatsteorieê (soos dié van Hobbes) 'n negatiewe invloed gehad het op diegene (soos Rousseau) wat 'n pleit wou voer vir die bestaan van 'n regstaat. Hierdie gemengde erfenis geld beide ten opsigte van die politieke geskiedenis van Suid-Afrika en die resente konstitusionele geskiedenis daarvan sedert die oorgang van en na 1994. Die begrip "demokrasie" word afgeskaal tot die konstitusioneel-verordende verkiesingsposes, verbind aan die bevoegdheid van die burgery om 'n owerheid in die owerheidsamp te plaas. Hierdie verkiesingsproses veronderstel die amp van owerheid asook die bevoegdhede (magte) wat in daardie amp opgesluit lê. Gevolglik kan dit nie afgelei word uit diegene wat juis aan daardie owerheidsgesag onderworpe is as burgers van die staat nie. Aangesien die meerderheid nie die bron van geregtigheid (of waarheid) kan wees nie, impliseer die aanwending daarvan as maatstaf (in die sin van verteenwoordigend-wees van die demografie van die land) onderweg na 'n uiteindelike regstaat (sonder enige diskriminasie) dat die hele proses kan vasloop in 'n situasie waar die doel ('n regstaat) gekortwiek word deur die middele (totalitêre maatreëls wat onregmatig ingryp in die regmatige, interne bevoegdheidsfeer van nie-staatkundige samelewingsvorme).

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Strauss,D.F.M.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000100005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!