Die politieke oortuigings van Hans van Rensburg (1898-1966): Kontinuïteit en verandering

In hierdie artikel word die kontinuïteit en verandering in die politieke oortuigings van dr JFJ ("Hans") van Rensburg (1898-1966) ondersoek en gerekonstrueer. Die artikel bied 'n oorsig oor Van Rensburg se politieke oortuigings sedert die 1914-rebellie, sy loopbaan in die staatsdiens, sy leierskap van die Ossewabrandwag tot en met sy deelname aan die apartheidsbestel in die middel-sestigerjare van die vorige eeu. Die uiteensetting steun op sy geskrifte en openbare uitsprake, sowel as argivale navorsing wat na sy eie werk verwys. Aan die einde word 'n besluit oor Van Rensburg se politieke oortuigings gemaak, veral met verwysing na die vraag oor sy toewyding aan Nasionaal-sosialisme. Die ondersoek voer aan dat Van Rensburg se politieke oortuigings hoofsaaklik Afrikaner-nasionalisties was, ten spyte van 'n flankering met (Duitse) Nasionaal-sosialisme in die jare 1938-1948, waarvan hy later weer, ca. 1953-1966 van standpunt verander het. Die artikel bevraagteken die gemaklike stereotipering deur verskeie skrywers en van sy tydgenootlike politieke opponente dat Van Rensburg kortweg "'n Nazi en Hitler-bewonderaar was". Daar word ook aangetoon hoedat veranderende sosiale en institusioneel-strukturele omstandighede 'n stempel op Van Rensburg se politieke oortuigings afgedruk het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Venter,Albert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000100004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!