Die verband tussen psigososiale welstand en supervisie van kinder- en jeugsorgwerkers in kinder- en jeugsorgsentrums

Kinders wat in residensiële sorg geplaas word, is ernstig getraumatiseerd. Die implikasie hiervan is dat dit 'n direkte invloed op die psigososiale welstand van die kinder- en jeugsorgwerkers het wat daagliks met die kwesbare kinders werk - dit beïnvloed hoe hulle hul daaglikse take verrig en kan selfs tot emosionele uitbranding lei. Die doel van die studie was om kwantitatief die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van kinder- en jeugsorgwerkers te ondersoek. Sewe-en-sewentig kinder-en-jeugsorg werkers (KSW) is met doelgerigte steekproefneming by die studie betrek. Drie vraelyste is gebruik om data in te samel. Die IBM SPSS-weergawe 25 sagteware is gebruik om die data te ananliseer. In sommige gevalle was daar 'n klein effek grootte, tog blyk dit dat etnisiteit, geslag, huwelikstatus en inkomste 'n invloed op die psigososiale welstand van KJW het. Die studie toon ook 'n verband tussen die KJW wat supervisie ontvang en diegene wat nie supervisie ontvang het nie.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Bam,Chevonne, Malan,Hanelie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Department of Social Work, Stellenbosch University/ Universiteit Stellenbosch 2022
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0037-80542022000100007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Kinders wat in residensiële sorg geplaas word, is ernstig getraumatiseerd. Die implikasie hiervan is dat dit 'n direkte invloed op die psigososiale welstand van die kinder- en jeugsorgwerkers het wat daagliks met die kwesbare kinders werk - dit beïnvloed hoe hulle hul daaglikse take verrig en kan selfs tot emosionele uitbranding lei. Die doel van die studie was om kwantitatief die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van kinder- en jeugsorgwerkers te ondersoek. Sewe-en-sewentig kinder-en-jeugsorg werkers (KSW) is met doelgerigte steekproefneming by die studie betrek. Drie vraelyste is gebruik om data in te samel. Die IBM SPSS-weergawe 25 sagteware is gebruik om die data te ananliseer. In sommige gevalle was daar 'n klein effek grootte, tog blyk dit dat etnisiteit, geslag, huwelikstatus en inkomste 'n invloed op die psigososiale welstand van KJW het. Die studie toon ook 'n verband tussen die KJW wat supervisie ontvang en diegene wat nie supervisie ontvang het nie.