"'n Onselfstandige gesin beteken 'n onselfstandige volk": Organiese nasionalisme en die amptelike gesinsbeleid van die Ossewa-Brandwag

Die Ossewa-Brandwag (OB) was 'n Afrikanernasionalistiese massa-organisasie wat vanaf 1939 tot 1954 bestaan het. Die beweging is gekenmerk deur 'n uiters sterk ideologie wat Afrikanernasionalisme met nasionaal-sosialistiese gedagtes verbind het. Die konsep volk het 'n beduidende invloed op OB-lede uitgeoefen. Gewapen met 'n sterk Calvinistiese ordeningsbeginsel het die ideologie van die OB die idee uitgedra van "organiese volkseenheid" wat die Afrikaner voorgestel het as deel van n volksorganisme. Alhoewel daar al enkele studies gepubliseer is oor die ideologie van die OB is daar nog nooit indringend gelet op die leierskap en Afrikanerdenkers se gebruik van die "organiese" metafoor teen die agtergrond van die heersende intellektuele milieu nie. Voorts bestaan daar geen gepubliseerde studie wat die verband tussen organiese volkseenheid en die amptelike gesinsbeleid uitwys nie. Hierdie artikel stel dit ten doel om die oorsprong en invloed van die organiese gedagte op OB-beleid na te speur asook om die leemte te vul wat betref n ontleding van die OB se gesinsbeleid. Daar word bepaal watter rol die gesin gespeel het in die beweging se doelwitte en samelewingsideaal. Dit is duidelik dat in lyn met die organiese volksgedagte, die idee van die gesin n kardinale rol gespeel het in die OB se doel om die samelewing te omvorm en daarmee saam is die rol van die vrou in hierdie verband by uitstek beklemtoon as integraal tot die sukses van OB-doelstellings.

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteurs principaux: Blignaut,Charl, du Pisani,Kobus
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Historical Association of South Africa 2018
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2018000200007
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!