Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987

Vroeg in 1987 het die SAW inligting bekom dat FAPLA en die Kubane besig was met intensiewe voorbereidings om UNITA uit Suidoos-Angola te verdryf. Op versoek het die SAW in Junie 1987 formeel besluit om UNITA te ondersteun met die doel om die FAPLA-offensief genaamd Operasie Saludando a Octubre (Salueer Oktobermaand) te stuit. Die Slag van die Lomba-rivier van 3 Oktober 1987 het, vanuit n SAW/UNITA-oogpunt beskou, die suksesvolle afsluiting van fase 1 van Operasie Moduler verseker: die FAPLA-opmars na Mavinga is effektief gestuit. Die SAW/UNITA-bondgenote was egter deeglik daarvan bewus dat die FAPLA-magte in staat was om binne die afsienbare toekoms die aanslag op Mavinga te hervat. Daarom is beplan om die FAPLA-brigades oos van die Cuito-rivier te vernietig. Die primêre oogmerk kon egter nie naastenby verwesentlik word nie, aangesien die SAW/UNITA-bondgenote nie daarin kon slaag om die FAPLA-magte uit hulle stellings te verdryf nie. Die laaste SAW/UNITA-offensiewe van 25 en 26 November 1987, waartydens UNITA-bataljons as die hoofmag aangewend is, was 'n klaaglike mislukking. Die gemeganiseerde SAW-veggroepe is futiel in die onherbergsame terrein teen die deeglik verskanste FAPLA-stellings aangewend. Die SAW-elemente kon gevolglik nie die onontbeerlike ondersteuning aan UNITA bied nie. Hierdie artikel fokus op die bydraes van UNITA tot die bondgenootskap. Ondanks kritiek deur die SAW op UNITA as 'n bondgenoot is die positiewe aspekte van hulle bydrae tot Operasie Moduler van veel groter omvang as die negatiewe aspekte. 'n Wydgeskakeerde terrein, hoofsaaklik in 'n ondersteunende rol is gedek, soos die afvuur van lugafweer-Stingermissiele; insameling van inligting; optrede as ligte infanterie, voorhoede of skermmag tydens aanvalle; en misleidings- en steekaanvalle. In die proses het UNITA hewige lewensverliese gely. Sonder hierdie bydraes sou die beperkte SAW-mag van 'n skamele sowat 2 500 man 'n veel moeiliker taak gehad het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Oosthuizen,G.J.J.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Historical Association of South Africa 2014
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2014000100008
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0018-229X2014000100008
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0018-229X20140001000082014-07-08Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987Oosthuizen,G.J.J. Operasie Moduler Suid-Afrikaanse Weermag UNITA MPLA FAPLA Kuba Angola Lomba Cuito Cuanavale Menongue Mavinga Jonas Savimbi Vroeg in 1987 het die SAW inligting bekom dat FAPLA en die Kubane besig was met intensiewe voorbereidings om UNITA uit Suidoos-Angola te verdryf. Op versoek het die SAW in Junie 1987 formeel besluit om UNITA te ondersteun met die doel om die FAPLA-offensief genaamd Operasie Saludando a Octubre (Salueer Oktobermaand) te stuit. Die Slag van die Lomba-rivier van 3 Oktober 1987 het, vanuit n SAW/UNITA-oogpunt beskou, die suksesvolle afsluiting van fase 1 van Operasie Moduler verseker: die FAPLA-opmars na Mavinga is effektief gestuit. Die SAW/UNITA-bondgenote was egter deeglik daarvan bewus dat die FAPLA-magte in staat was om binne die afsienbare toekoms die aanslag op Mavinga te hervat. Daarom is beplan om die FAPLA-brigades oos van die Cuito-rivier te vernietig. Die primêre oogmerk kon egter nie naastenby verwesentlik word nie, aangesien die SAW/UNITA-bondgenote nie daarin kon slaag om die FAPLA-magte uit hulle stellings te verdryf nie. Die laaste SAW/UNITA-offensiewe van 25 en 26 November 1987, waartydens UNITA-bataljons as die hoofmag aangewend is, was 'n klaaglike mislukking. Die gemeganiseerde SAW-veggroepe is futiel in die onherbergsame terrein teen die deeglik verskanste FAPLA-stellings aangewend. Die SAW-elemente kon gevolglik nie die onontbeerlike ondersteuning aan UNITA bied nie. Hierdie artikel fokus op die bydraes van UNITA tot die bondgenootskap. Ondanks kritiek deur die SAW op UNITA as 'n bondgenoot is die positiewe aspekte van hulle bydrae tot Operasie Moduler van veel groter omvang as die negatiewe aspekte. 'n Wydgeskakeerde terrein, hoofsaaklik in 'n ondersteunende rol is gedek, soos die afvuur van lugafweer-Stingermissiele; insameling van inligting; optrede as ligte infanterie, voorhoede of skermmag tydens aanvalle; en misleidings- en steekaanvalle. In die proses het UNITA hewige lewensverliese gely. Sonder hierdie bydraes sou die beperkte SAW-mag van 'n skamele sowat 2 500 man 'n veel moeiliker taak gehad het.Historical Association of South AfricaHistoria v.59 n.1 20142014-01-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2014000100008af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Oosthuizen,G.J.J.
spellingShingle Oosthuizen,G.J.J.
Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
author_facet Oosthuizen,G.J.J.
author_sort Oosthuizen,G.J.J.
title Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
title_short Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
title_full Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
title_fullStr Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
title_full_unstemmed Die SAW/UNITA-bondgenootskap in aksie: Operasie Moduler (fases 2, 3 en 4), Oktober tot Desember 1987
title_sort die saw/unita-bondgenootskap in aksie: operasie moduler (fases 2, 3 en 4), oktober tot desember 1987
description Vroeg in 1987 het die SAW inligting bekom dat FAPLA en die Kubane besig was met intensiewe voorbereidings om UNITA uit Suidoos-Angola te verdryf. Op versoek het die SAW in Junie 1987 formeel besluit om UNITA te ondersteun met die doel om die FAPLA-offensief genaamd Operasie Saludando a Octubre (Salueer Oktobermaand) te stuit. Die Slag van die Lomba-rivier van 3 Oktober 1987 het, vanuit n SAW/UNITA-oogpunt beskou, die suksesvolle afsluiting van fase 1 van Operasie Moduler verseker: die FAPLA-opmars na Mavinga is effektief gestuit. Die SAW/UNITA-bondgenote was egter deeglik daarvan bewus dat die FAPLA-magte in staat was om binne die afsienbare toekoms die aanslag op Mavinga te hervat. Daarom is beplan om die FAPLA-brigades oos van die Cuito-rivier te vernietig. Die primêre oogmerk kon egter nie naastenby verwesentlik word nie, aangesien die SAW/UNITA-bondgenote nie daarin kon slaag om die FAPLA-magte uit hulle stellings te verdryf nie. Die laaste SAW/UNITA-offensiewe van 25 en 26 November 1987, waartydens UNITA-bataljons as die hoofmag aangewend is, was 'n klaaglike mislukking. Die gemeganiseerde SAW-veggroepe is futiel in die onherbergsame terrein teen die deeglik verskanste FAPLA-stellings aangewend. Die SAW-elemente kon gevolglik nie die onontbeerlike ondersteuning aan UNITA bied nie. Hierdie artikel fokus op die bydraes van UNITA tot die bondgenootskap. Ondanks kritiek deur die SAW op UNITA as 'n bondgenoot is die positiewe aspekte van hulle bydrae tot Operasie Moduler van veel groter omvang as die negatiewe aspekte. 'n Wydgeskakeerde terrein, hoofsaaklik in 'n ondersteunende rol is gedek, soos die afvuur van lugafweer-Stingermissiele; insameling van inligting; optrede as ligte infanterie, voorhoede of skermmag tydens aanvalle; en misleidings- en steekaanvalle. In die proses het UNITA hewige lewensverliese gely. Sonder hierdie bydraes sou die beperkte SAW-mag van 'n skamele sowat 2 500 man 'n veel moeiliker taak gehad het.
publisher Historical Association of South Africa
publishDate 2014
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2014000100008
work_keys_str_mv AT oosthuizengjj diesawunitabondgenootskapinaksieoperasiemodulerfases23en4oktobertotdesember1987
_version_ 1756004561379655680