Militêre verhore in die Oranje-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902

OPSOMMING Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het vernietigende gevolge vir die meeste van die inwoners van Suidelike Afrika ingehou, tot ontwrigting gelei en veel trauma veroorsaak. Die stryd het ook sy kwota omstrede voorvalle opgelewer, insluitend moordsake. Die regstelsel, wat in die gebied van toepassing was, is onder druk geplaas en soms in omstredenheid gedompel. Die dood van die Britse luitenant, Cecil Boyle, aan die begin van Januarie 1901 en die voortspruitende hofsake in 1901 en 1903, het tot veel spanning, omstredenheid en ongelukkigheid gelei - afhangende natuurlik vanuit wie se oogpunt na die gebeure gekyk word. In hierdie studie word die genoemde gebeure, soos ook die verhore van Stephanus Johannes Vilonel en J.J. Eva in historiese konteks geplaas en regshistories geïnterpreteer ten einde die regsimplikasies wat die Anglo-Boereoorlog vir die mense in die oorlogsgebied ingehou het (asook gedurende die periode na afloop van die stryd) uit te wys, en ook aan te dui hoe die regs- en historiese wetenskappe mekaar heel sinvol kan aanvul.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: de Bruin,Jaco, Wessels,André
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Historical Association of South Africa 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!