Die geskiedenis van Afrikanerbetrokkenheid in die Rhodesiese tabakbedryf (1890-1980)

OPSOMMING Die tabakbedryf in Rhodesië (vandag Zimbabwe) het ongetwyfeld 'n kardinale rol in die ekonomiese ontwikkeling van Rhodesië gespeel. Sedert die Britse kolonialisering van Rhodesië gedurende die 1890's het die klem van goudontginning en algemene landbouproduksie geleidelik na die opkomende tabakbedryf verskuif. Alhoewel die maatskappybewind van die British South Africa Company die fondament van die bedryf gelê het, kon die teenwoordigheid van Afrikaners binne die tabakbedryf nie sonder meer ontken word nie. As oorwegend landelike gemeenskap is die toetrede van Afrikaners tot die bedryf egter dikwels deur allerlei probleme en mislukkings gestrem. As gevolg van verbeterde meganisasie, boerderypraktyke en omstandighede na die Tweede Wêreldoorlog, kon Afrikaners meer effektief aan die uitbreiding van die bedryf deelneem. Mettertyd sou hierdie Afrikanertabakboere insgelyks tot die verbouing van Rhodesië se primêre uitvoerkommoditeit bydra. Hierdie artikel het ten doel om die betrokkenheid, probleme en welvaart van Afrikanertabakboere binne die geskiedkundige konteks van die Rhodesiese tabakbedryf te bespreek.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Hendrich,Gustav
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Historical Association of South Africa 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!