Oor die republikeinse gedagte: 'n oefening in herinnering

In die artikel word 'n bondige politiek van herinnering met betrekking tot die republikeinse tradisie van Afrikaners beoefen. Die bedoeling daarmee is nie om aan te voer dat Afrikaners in antwoord op die uitdagings waarvoor hulle vandag as kultuurgemeenskap te staan gekom het, op 'n simplistiese of reaksionêre wyse na hulle republikeinse tradisie kan terugkeer nie. Die bedoeling is eerder om in en deur die vraag na (en herinnering aan) die betekenis van hulle republikeinse erfenis, die ruimte vir 'n "anders dink" oor hulle kontemporêre toestand lewendig te hou. In die eerste afdeling word stilgestaan by die betekenis van die begrip "politiek van herinnering" self. In die daaropvolgende afdelings word slegs by enkele belangrike eienskappe van die republikeinse gedagte stilgestaan. In die besonder sal gevra word na die republikeinse voorstelling van die verhouding tussen die geheel en die dele (in onder meer die Amerikaanse en Franse republikeinse erfenis); die republikeinse idee van vryheid (onderskeid van die liberale idee van vryheid); sowel as die republikeinse voorstelling van die verhouding tussen politiek en godsdiens (die sogenaamde teologies-politieke probleem).

Guardado en:
Detalles Bibliográficos
Autor principal: Goosen,Danie
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado: Historical Association of South Africa 2010
Acceso en línea:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2010000200014
Etiquetas: Agregar Etiqueta
Sin Etiquetas, Sea el primero en etiquetar este registro!