Die stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse geskiedskrywing

In hierdie artikel word 'n aantal Nederlandse geskiedwerke bespreek. Dié geskrifte bestaan uit studies oor die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie en algemene oorsigte oor die geskiedenis van Nederland en sy kolonies. Dit blyk dat die meeste geheeloorsigte oor die Nederlandse geskiedenis slegs baie kortliks na die stigting van die Kaapkolonie verwys. Ook in werke oor die Nederlandse koloniale geskiedenis word meesal nie veel aandag aan hierdie gebeurtenis gegee nie. Gedurende die periode voor ongeveer 1920, het Nederlandse skrywers 'n belangrike bydrae gelewer tot die publikasies wat oor die ontstaansgeskiedenis van die Kaapkolonie verskyn het, maar sedertdien het hulle 'n minder prominente rol gespeel in navorsingswerk oor hierdie onderwerp. Verskeie historici beklemtoon dit dat, hoewel die Nederlanders in verskillende dele van die wêreld kolonies gevestig het, dit slegs in Suider-Afrika is wat daar tans etlike miljoene mense woon met 'n taal en kultuur wat grotendeels van Nederlandse oorsprong is. Onder hierdie historici is daar net een wat aantoon dat die totstandkoming van 'n Nederlandssprekende samelewing aan die Kaap die gevolg was van sowel emigrasie uit Europa, as die aanvaarding van baie aspekte van die Nederlandse kultuur deur die slawe en die inheemse Khoikhoibevolking.

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteur principal: de Klerk,Pieter
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Historical Association of South Africa 2009
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2009000200012
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!