Die aard van diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere (1945-1990)

Vlaandere, die noordelike, Nederlandstalige deelstaat van België, het nog altyd 'n hoë premie op die handhawing en verstewiging van taal- en kultuurbande met die Afrikaner geplaas. In hierdie artikel word die diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen België en Suid-Afrika in die jare 1945 tot 1990 ontleed. Apartheid het egter sedert die laat 1970's sy donker skaduwee oor die bilaterale verhoudinge gewerp. Dit het nie alleen die taal- en kultuurbande onder groot spanning geplaas nie, maar ook die politieke verhoudinge. Die eerste minister van Suid-Afrika, P.W. Botha, se besoek aan België in 1984, het byvoorbeeld vele protesaksies uitgelok. Die artikel behandel ook die doelstellings en werksaamhede van pro-Suid-Afrikaanse organisasies soos die Algemeen-Nederlands Verbond, die Vrienden van Zuid-Afrika en Protea. Die mense in Vlaandere het vanweë hulle geskiedenis tradisioneel meer simpatiek teenoor Suid-Afrika en die Afrikaner gestaan.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Terblanche,Otto
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Historical Association of South Africa 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2009000200007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!