Die rol van die Verligtes in die grondwetlike onderhandelinge, 1990-1994
Die totstandkoming van ´n demokratiese Suid-Afrika in 1994 was die gevolg van die ontmanteling van apartheid waarin die verligtes (sedert hulle ontstaan in 1966) in die Nasionale Party (NP) 'nbetekenisvolle rol gespeel het. Die verligte invloed in die NP het bygedra tot die hervorming van apartheid, wat tydens die Vorster en P.W. Botha-eras geïmplementeer is. Toenemende spanning in die land gedurende die 1980's het tot groeiende ontevredenheid in die NP gelei, wat aanleiding tot die ontstaan van 'nlinkse groep, bekend as die "nuwe Nattes" gegee het. As pragmatis, kon F.W. de Klerk nie die toenemende vereistes vir indringende hervormings van die verligtes en "nuwe Nattes" ignoreer nie. Hy het daarin geslaag om die twee faksies, wat voortaan as die verligtes bekend sou staan, binne die NP saam te snoer. Die 1990's het die era vir onderhandelinge vir 'n nuwe demokratiese politieke bedeling vir Suid-Afrika ingelui. Die groep verligtes het in daardie vroeë stadium van die onderhandelinge nie die beginsel van 'nmeerderheidsregering nie, maar eerder magsdeling ondersteun. De Klerk en die verligtes se doelstellings aangaande die verlangde uitkoms van die onderhandelinge het mettertyd begin verskil. De Klerk wou minderheids- of groepsregte behou, met ander woorde magsdeling, terwyl die verligtes begin glo het dat die ANC se groot ondersteuning 'nmeerderheidsregering tot gevolg sou hê en dat individuele regte eerder as groepsregte ondersteun moes word. Die verligtes is tot dié paradigmaskuif in politieke denke gedwing weens druk op politieke, ekonomiese en demografiese realiteite. De Klerk moes weens druk ook uiteindelik tot dié politieke denke toegee. Alhoewel hierdie uiteenlopende doelstellings tot gevolg gehad het dat 'ndemokratiese oorgangsgrondwet met vele tekortkominge tot stand gekom het, het dit ook aanleiding tot 'nvreedsame verkiesing gegee.
Auteur principal: | van Wyk,Annie |
---|---|
Format: | Digital revista |
Langue: | Afrikaans |
Publié: |
Historical Association of South Africa
2008
|
Accès en ligne: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2008000100012 |
Tags: |
Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!
|
Documents similaires
-
Foucault en die vraag na die verligting
par: Olivier,Bert
Publié: (2013) -
Die rol van die ngk-leierskap in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesing in Suid Afrika: 1990-1994
par: van der Merwe,Johan M.
Publié: (2016) -
Gesag as diens: Die rol van die dissipels in die Matteusevangelie
par: van Zyl,Hermie C.
Publié: (2012) -
Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans
par: Pretorius,Laurette
Publié: (2016) -
Die grondwetlike vereistes en prosesse om 'n president van die VSA uit sy amp te verwyder: Die geval van president Donald Trump tydens 'n politiek gelaaide atmosfeer
par: Eksteen,Rlaan
Publié: (2020)